Redes waarom SA gaste nie maklik dans by funksies nie

Die meeste funksies wat plaasvind soos troues verjaarsdae, werksfunksies, jaar eindfunksies is die DJ, mobile disco, one man band, hard besig om die gaste gelukkig te hou op die funksie.

Ons leer uit ondervinding dat daar ‘n versoeke lys aangevra word om die funksie suksesvol en glad te laat verloop. Ons vind egter in die meeste venues mag daar nie gerook word  nie en dus loop die gaste kort kort na buite om te gaan rook. Selfs met funksies waar dit by ‘n lapa gehou word gaan die gaste nog na die buite kant om te gaan rook. Indien die meeste gaste op die funksie rook, kan jy maar verseker weet daar word omtrent glad nie gedans nie. Die troue dj, mobile disco, one man band kan maar speel wat versoek word en wat populer is. Die partytjie of onthaal is dood soos ‘n mossie !

Nog redes waarom gaste nie maklik gaan dans nie, hulle wag gewoonlik dat die eerste paartjie gaan dans of dit is ‘n Christelike familie of die drank is teen koste beskikbaar. Wat die drank aanbetref, verskaf dit nou net gratis en dan lui die funksie ‘n ander deuntjie en soms kan die partytjie makliker sukses vol raak.

As daar ‘n gemengde “crowd” is oud en jonk versoorsaak die mobile disco of troue dj se musiek keuses dat mense gewoonlik vroeer huistoe gaan of die gaste peper jou met versoeke van verskillende genre’s. As die dj nie goeie kennis het van musiek nie, kan die partytjie maklik flop.

Ons het ook al ondervind dat ‘n one man band op sy beste optree die eerste uur tot 2 ure, daarna wil die gaste party met ander keuses van musiek veral jong mens musiek wat veroorsaak dat die ouer gaarde ook vroeer huistoe gaan. In die Winter tye kan jy maar weet, dan kan enige funksie maklik styf wees. Dit hang af van die temperatuur in die venue, tipe dans vloer, die drank se beskikbaarheid en of die gaste kleintjies of kinders het. Gewoonlik met kinders wat toegelaat word by funksies, irriteer hulle die gaste wat veroorsaak dat die gaste vroeer huistoe gaan omdat hulle nie wil he die kinders of kleintjies moet te laat wakker wees of uit roetine wees nie. Soms raak kinders moeilik wanneer die ouers lekker kuier en dans wanneer hulle moeg is. Dit is beter om reelings te tref met jou kinders of kleinspan.

Sommige funksies se mense wat die mobile disco, one man band boek gee gewoonlik jou klank, musiek die skuld waarom mense nie dans nie. Baie mense wat dj’s, one man bands of mobile disco’s boek verwag dat jy moet toor met die gaste sodat hulle ‘n lekker partytjie gees kan hê, maar vergeet soms alle die negatiewe omstandighede waarom gaste nie so maklik dans by die funksies nie.

Hoop hierdie brokkie inligting vind baat by julle !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This site is using WP Check Spammers from Xavier Media to filter out spam comments.